FABRIEKSGROND

 

In die noord-oostelikegebiede van Pretoria, geleë op die hoof oos-wes- snelweë deur Pretoria, is die nuwe N4 Gateweay Ligte Industriële Park,  ‘n unieke fabrieksgrond ontwikkeling wat 134 industriële erwe aanbied, in die Pretoria-Oos area.

 

Puik ligging teenaan die N4 snelweg, digby luukse woongebiede soos Silverlakes, en toeganklik tot die N1 Hans Strijdomlaan  en die Bronkhorstspruit pad, maak N4 Gateway die perfekte ligging vir besighede wat Pretoria, Mpumalanga en Limpopo markte in hul visier het. Die 46 ha ontwikkeling bevat 124 erwe wat ontwikkel kan word as fabrieksgrond. Die erwe  wissel van 1 493 vk m tot 10 562 vk m. Die ontwikkeling se geskatte koste is R350 miljoen.

Die ontwikkeling  kry momentum, aangesien 25% van alle erwe reeds verkoop is. Die eerste 5100 vk m mediumgrootte  fabrieke  op hierdie fabrieksgrond is voltooi, en dit word voorspel dat meer as 25 fabrieke en pakhuise ten volle ontwikkel sal wees teen die middel van 2011. Ander aspekte wat belegging in die N4 Gateway so aantreklik maak vir beleggers, is die hoë standaarde wat Uniqon ten opsigte  veiligheid en sekuriteit in die Park stel. 

Nog nooit voorheen was sekuriteit so ‘n fokuspunt by ‘n industriële  FABRIEKSGROND ontwikkeling nie. Hulle het die konsep van veiliheid en sekuriteit geredefinieer deur ‘n unieke oplossing vir veiligheidsaspekte aan te bied : 3m hoë geëlektrifiseerde sekuriteitsmure, CCTV lae lig kamera’s gemonteer op  ligpale wat 50 m uit mekaar geleë is. Beelde van hierdie kamera’s word vasgelê op skerms. Toegang en uitgang word 24 uur per dag gekontroleer met aparte draaihekke vir voetgangers, en vang ook die vooraansig van motors met hulle registrasienommerplate  vas vir latere identifikasie  indien nodig.

Sy ligging op die N4 en Hans Strijdom wisselaar maak dit die ideale ligging om  jou besigheid  heen te verskuif. Dit, en die feit dat  alle erwe in die Industriële Park ten volle gediens word en die sekuriteit van ‘n baie hoë standaard is, het Chempure,  maatskappy  wat handel dryf in chemiese  produkte, gemotiveer om te verskuif na N4 Gateway.

Chempure se werksaamhede sluit in die invoer en verspreiding van chemiese produkte. Hulle het verkies om hul besigheid na die N4 Gateway Industriële Park te verskuif aangesien hulle maklike toegang het tot Gauteng, Mpumalanga en Limpopo provinsies. Hulle industriële gebou is geleë op ‘n hoekerf, maklik toeganklik en baie sigbaar.
Chempure se fabriek is geopen in Oktober 2010. Die gebou van 2 200m2 sal hulle fabriek, pakhuis en hoofkantoor akkomodeer.

Uniqon Wonings Pty Ltd het hierdie industriële gebou opgerig en ontwikkel ook die hele N4 Gateway Ligte Industriële park     

 

 

 

 

FABRIEKSGROND